Welkom

Platinum Promosies verteenwoordig Suid-Afrika se gunsteling kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf.

Platinum Promosies is die eksklusiewe agentskap vir

BRENDAN PEYPER
BRENDAN PEYPER
Brendan Peyper is ‘n Suid-Afrikaanse Afrikaanse sanger wat groot naam gemaak het met sy eerste treffer “Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie. Hy het sy debuutalbum “Stop Wag Bly Nog ‘n Bietjie” in 2015 vrygestel en die opvolg-album Hy Loop Oop in 2017. Met verskeie Goue en Platinum-toekennings agter sy naam, is hy ook die eerste jongste Tropika Island of Treasures wenner.
KURT DARREN
KURT DARREN
Kurt Johan van Heerden, beter bekend as Kurt Darren, is ‘n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en televisieaanbieder. Van sy treffers sluit in “Meisie Meisie”, “Voorwaarts Mars”, “Hemel op Tafelberg”, “Kaptein” en vele meer. Hy het ook in verskeie Suid-Afrikaanse rolprente verskyn.
CHRISTIA VISSER
CHRISTIA VISSER
Christia Visser is bekende aktrise in Suid-Afrika en welbekend vir haar rolle in “Tess”, “Recce”, “Ballade vir ‘n Enkeling”, “Die Boekklub”, “Fynskrif” en vele meer. In 2019 betree sy die musiekbedryf met ‘n storm en stel haar Goue Status-treffer “17 Shots” bekend en 2021 haar eerste volledige album “Gemaklik Verlore”.
JAN JAN JAN
JAN JAN JAN
Jan Jan Jan het aan die einde van 2019 naam gemaak met hulle stywe broekies, tweekleur hemde en eerste enkelsnit genaamd, ‘Wys jou Vleis’. Saam met Jan Jan Jan het jy al vleis gewys, mielies gegooi en Boer gebly en dit is duidelik dat daar geen keer is aan hierdie groep soos wat een na die ander video etlike miljoen kyke inpalm nie!
POSDUIF
POSDUIF
Hulle eerste enkelsnit en musiekvideo, Niks Vergelyk, vanaf hulle debuut-album, met dieselfde titel word op 30 September bekendgestel en die album sal vanaf 28 Oktober beskikbaar wees. Al hulle liedjies en musiekvideo’s is sover goed ontvang en het bo-aan die treffersparades van verskeie plaaslike radiostasies gekuier en duisende trefslae op YouTube gehad.
BARTO
BARTO
Barto is kraakvars in die musiekbedryf met ‘n emosiewekkende stem. Hy tree egter al ‘n geruime tyd op by elke “open mic”-en–musiek geleentheid waar hy kans kry en mense soek elke keer meer. Sy debuut enkelsnit is nou beskikbaar met ‘n gevoel van opbouende volksmusiek en ‘n tradisionele Boere-tint wat sekerlik die tienerpols aan die gang sal kry.
KHAIL WEST
KHAIL WEST
Uit die hart van die Namakwaland het Khail West sy voete kom vind in die Jakarandastad. Julle ken hom as ‘n Boerboel-boerseun, maar, hy is ook ‘n ervare besigheidsman en nou ook ‘n kunstenaar in eie reg. Sy liefde vir Country musiek, vasdans en die buite lewe weerspieël in sy musiek. Khail bring sy eie unieke skryfstyl, lirieke, melodieë en stem na die Afrikaanse musiekbedryf.

Kontak Ons

Skakels

SELECT MUSIEK
SELECT MUSIEK
Kies Musiek (is ook bekend as hul Engelse naam Select Music) is op 1 Oktober 1987 gestig en is die grootste verspreider van plaaslike musiek vir ander etikette soos Hoezit Musiek, Springproduksies, Laurika Rauch Produksies en Europa Afrika.
SONY MUSIC
SONY MUSIC
Sony Music is een van die voorste handelsmerke in musiekproduksie en ‘n reus in die bedryf. Dit is ‘n internasionale handelsmerk wat die sukses van baie bekende kunstenaars en musikante regoor die wêreld moontlik gemaak het.