Albums

TERUG VOLG

Hierdie dinamiese viertal kook behoorlik met hulle derde album. Die bekorende stem van Nicholis Louw, die pragtige Elizma Theron, hartebreker Ray Dylan en dinamiese nuwe talent Liezel Pieters slaan met hulle gekombineerde stemme, behoorlik die wind in jou seile!

4 Werke Het reeds reuse sukses behaal met hulle eerste album wat Platinum Status bereik het en hulle tweede album, 4 Harte, het Goue status bereik. Nou kan jy die nuutste album, 4 Warm ten volle geniet. Jy ken reeds die snit Jy Slaan Die Wind in My Seile, wat uitstekende reaksie by radiostasies en die publiek ontlok het. Skaf vir jou die volle album, wat bestaan uit 14 snitte aan. Jy sal die bekende oorspronklike styl van 4Werke erken, maar daar is ook uitstekende verwerkings van Sting se Fields of Gold, Roxette se Joyride en Belinda Carlisle se Leave a light on for me. Kinders van die wind kry ‘n splinternuwe baatjie wat die gewilde lied perfek pas!

lees meer

Dan is daar lekker Counrtry klanke ook, in Engels en in Afrikaans. Jy gaan beslis wil deelneem aan die Wille weste dans en Sê wat jy wil sê wat in die ware sin van die woord ‘n “funky” dans deuntjie is. Jy sal sonder enige twyfel nie teleurgesteld wees in 4 Werke se nuutste album nie. Daar is regtig iets vir almal se musieksmaak op. Nou landswyd beskikbaar - kry hom vandag nog.

gaan terug

AGENT:

Carmen Kleinhans

carmen@platinumpromosies.co.za

Tel: +27(0)21 789 0059

Sel: +27(0)83 325 7922

Besprekings
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap:   
Bewonderaars Brief
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap: