Deprecated: mysql_connect(): The mysql extension is deprecated and will be removed in the future: use mysqli or PDO instead in /home/platinum/public_html/andre-venter.php on line 19
Andre op twitter

Albums

TERUG VOLG

ANDRÉ VENTER MIK NA NUWE HOOGTES MET SOLO-ALBUM

kykNET JAM-aanbieder, André Venter, het die wêreld deurkruis op die vlerke van musiek. Nou, met ‘n solo-album in wording, is hy gereed om selfs meer harte van oraloor te verower – in eie reg, in eie styl.

André, oorspronklik van Welkom in die Vrystaat, is ‘n kranige rugbyspeler en het, soos menige man vantevore, van Springbok rugbyfaam gedroom in sy hoërskooldae. Musiek het hom egter ook van jongs af baie na aan die hart gelê en hy was reeds op sesjarige ouderdom deel van die alombekende verhoogproduksie, The Sound of Music.

Dit was uiteindelik die snyerspak concertos wat triomfeer het bo die wêreld van groen en goud, iets waaroor hy nog nie een dag spyt is nie, want hy wéét dat musiek sy roeping is en ‘n uistekende platform bied om ‘n groot verskil in mense se lewens te maak.

Saam met Romanz het hy nie alleen al wat ‘n verhoog is op eie bodem besoek nie, maar ook internasionale verhoë met bekendes soos Andrea Bocelli, Rod Stewart en Catherine Jenkins gedeel en selfs by die koninklike troue van Prins Albert en Prinses Charlene van Monaco opgetree. Hy het ook die geleentheid gehad om die volkslied te sing in die 2009 kragmeting tussen die Springbokke en die All Blacks op Bloemfontein.

lees meer

Nadat Romanz in Februarie 2014 die besluit geneem het om die musiekindustrie vaarwel te roep, het André se fokus onmiddellik verskuif na sy solo-doelwitte in die sakewêreld, TV-aanbieding en sang.

Benewens sy verpligtinge as aanbieder by kykNET en as finansiële raadgewer by Optimum Financial Services, werk hy tans hard aan sy splinternuwe solo-album wat op 20 Julie vanjaar vrygestel sal word. Dit beloof om ‘n opwindende vermenging van pop- en meer kontemporêre klanke te wees, met lirieke waaraan André ook self sy pen geleen het.

“Dit was nog altyd een van my grootste drome om ‘n solo-album vry te stel”, sê hy, “Dis harde werk, maar die bevrediging wat ‘n mens daaruit put om jou eie musiek te sien ontwikkel , van ‘n idee of ‘n storie in jou kop, tot note op papier, tot ‘n kleurryke stuk musiek, maak dit alles die moeite werd. Ek is ongelooflik opgewonde hieroor en kan nie wag om die album met julle te deel nie!”

André sal ook binnekort die geleentheid hê om weer twee van sy grootste liefdes – sang en rugby – te kombineer met die sing van die volkslied voor die Rugbykampioenskap-kragmeting tussen die Springbokke en die Wallabies by die Suncorp-stadion in Brisbane op 18 Julie en tussen die Springbokke en die All Blacks by Emirates Airline Park (Ellis Park-stadion) in Johannesburg op 25 Julie.

Dis die perfekte noot om ‘n opwindende nuwe hoofstuk in André Venter se sangloopbaan op ‘af te skop’!

gaan terug

sien meer video's
AGENT:

Carmen Kleinhans

carmen@platinumpromosies.co.za

Tel: +27(0)21 789 0059

Sel: +27(0)83 325 7922

Deprecated: Function mysql_db_query() is deprecated in /home/platinum/public_html/andre-venter.php on line 333

Deprecated: mysql_db_query(): This function is deprecated; use mysql_query() instead in /home/platinum/public_html/andre-venter.php on line 333
Besprekings
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap:   
Bewonderaars Brief
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap: