Brendan op twitter

Albums

TERUG VOLG

BRENDAN PEYPER – RUGBY EN SWOT SAL MOET PADMAAK VIR MUSIEK, WANT HIER KOM ‘N DING!

Die 18-jarige Brendan Peyper is die nuutste opkomende ster in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en sy eerste enkelsnit het almal reeds aan’t gons!

Brendan, ‘n boerseun van die Vrystaat wat in 2014 sy matriekjaar aan die Hoërskool Jim Fouche in Bloemfontein voltooi het, is ‘n kranige rugbyspeler wat beplan het om sy studies in klankingenieurswese aan die Universiteit van die Vrystaat voort te sit.

Dis die liefde vir musiek wat egter die sterkste deur sy are pols en hom laat besluit het om toks en teksboeke vir eers opsy te skuif en sy droom om ‘n professionele sanger te word volstoom na te jaag.

lees meer

Reeds van kleins af het hy ‘n besonderse slag met gehore gehad, met ‘n kitaar in die hand en opregte, aansteeklike lirieke wat enige man kon laat verlang na iemand wat hy nie ken nie en enige meisie se bene kon lamtoor.

Sy eerste enkelsnit, ‘Stop, wag, bly nog ‘n bietjie’, is ‘n unieke en energieke vermenging van pop en rock klanke, maar met ‘n sterk akoestiese ondertoon, wat sonder enige twyfel bestem is om ranglyse, kuiers en dansvloere regoor Suid-Afrika te verower!

“Dit was ‘n groot besluit om my studies vir eers te los, maar dit was ‘n weldeurdagte een”, sê hy, “Musiek is my alles en dis my hartsbegeerte om mense se lewens daardeur aan te raak en te verander. Daar sal altyd nog tyd wees om ‘n gewone ou te wees en die dinge te doen wat ek graag doen – soos om rugby en rekenaarspeletjies te speel en met pelle te kuier – maar, met genade van Bo, gaan ek voluit om iets groots hiervan te maak. Die terugvoer is sover fantasties en ek is baie opgewonde oor die vooruitsigte!”

“Luister uit vir Stop, wag, bly nog ‘n bietjie en laat my weet wat julle dink!”, glimlag hy.

gaan terug

sien meer video's
AGENT:

Carmen Kleinhans

carmen@platinumpromosies.co.za

Tel: +27(0)21 789 0059

Sel: +27(0)83 325 7922

Besprekings
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap:   
Bewonderaars Brief
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap: