Albums
David Fourie het op Suid-Afrikaanse Televisie skerms verskyn in 2002 met M-Net se gewilde talent kompetisie.
Sy eerste video van “Ek wil jou Ken” is benoem vir ‘n Sama en ook mees stylvolle kunstenaar. David het sedertien vele treffer parades landswyd betree met No. 1 liedjies soos, Land in die Suide, Jy Sprei my vlerke, Kaboemielies, Hou my Vas Stywer Vas en nou Grotman en Soen soos ‘n Engel. Sy vorige album het goue status bereik en die nuutse ‘Vir ‘n 100 000 Jare’ loop dieselfde paadjie.
David verskyn landswyd vir optredes en sy aanhangertal vermeerder elke dag. Sy vertonings is uniek, vol energie en hy is aanpasbaar vir enige funksie of fees.

In Media sirkels maak David gereeld verskynings op gewilde T.V programme soos Kwela, Jukebox, MK-Live, Glitterati, DKNT en nog vele meer. Elke belangrike Koerant en tydskrif in Suid-Afrika het al stories en resensies oor hom gepubliseer. Hy het self al ‘n rubriek geskryf wat in Rapport verskyn het.
Tussen al die optredes en funksies is David Fourie ernstig betrokke by liefdadigheids werk en doen sowat 12 gratis vertonings per jaar vir verskillende organisasies. Dit sluit in Chubby Chums, SAPS Booysens Womans Forum, CANSA en andere.
David is in 2010 ook aangewys as die wenner van die internasionale “OGAE face vs voice” kompetisie, waar deur internasionale stemmers gekies is bo 19 ander van Suid-Afrika se top manlike kunstenaars.
In opsomming is David Fourie ‘n bewys dat wilskrag gekombineer met talent ‘n wenresep is.

09 Mar 2012
Fees
Bloemfontein