
Albums
Dewald Dippenaar is ‘n volronde musikant en knap liedjieskrywer - in Afrikaans en Engels - en sy besonderse stem pas die rock en countryrock genre perfek.
Dewald se musiek loopbaan het begin as student in ekonomiese wetenskappe aan die universiteit van die Vrystaat. In 2000 verdien hy sy B.Econ graad en sing sederdien voltyds. Gedurende 2003 toer hy deur Engeland en sing vir die Britte gedurende ‘n sewe maande lange toer.
Sy eerste volwaardige album ‘October Sky’ word in April 2005 vrygestel. Die album geniet goeie resensies in die media, en ook die Huis Genoot sien in Dewald die potensiaal om groot naam in die Suid-Afrikaanse musiek bedryf te maak.
Gedurende 2007 word Dewald die nuwe ster van Select Musiek en sy album met die titel ‘Wys jou muis’ word in November 2007 vrygestel.

