Albums
Fredi Nest se musiek het 'n uitbundig-nostalgiese country-inslag wat die dansvloere verrinneweer.
FREDI NEST se albums is 'n viering van vreugde en die liefde en die lewe, soms polsend gevat en stuitig; andersins beleë gesprinkel met romantiese speserye. Hy bied ritmiese ballades, langarmgenietinge en aangename, luistervriendelike musiek – gekenmerk aan oorspronklikheid.
Party noem hom Suid-Afrika se Chris de Burgh; vir ander is hy die land se Liedjiefabriek. Fredi is 'n veelsydige en bekroonde liedjieskrywer en sanger.
Op 50 vier hy 17 jaar in die musiekbedryf met nege albums – waarvan die laaste vier goue en platinumstatus verwerf het.

Fredi is 'n veelsydige tweetalige kommersiële liedjieskrywer en sanger.
Die resultaat is wydtreffende hoofstroomgewildheid, trots gepoets met ritme-ontvlugting en liriekdiepte. Met spatsels pop en rock, country en selfs kontemporêre gospel.
Hy skep eerlike komposisies met stukkies lewensrealisme. Fredi is 'n bedrewe musikant, 'n man, 'n minnaar, 'n pa: 'n méns wat die beste vir homself, sy geliefdes en die land se mense wil hê. Hy besef die antwoorde lê gesetel met die oë gerig na Bo.
Fredi is die oudste van vyf kinders. Dié gebore Goudstadseun het sy kinderjare in Johannesburg en later Durban deurgebring. Hy't kleintyd al gesing en kitaar gespeel, maar het eers iewers in sy dertigerjare besluit om musiek sy loopbaan te maak. Toe het hy egter al heelparty liedjies in die laai gehad, gereed om opgeneem te word. Uit dié Liedjiefabriek as al oor die 200 geregistreerde komposisies in Afrikaans en Engels geskep.
Fredi is inderdaad een van die land se beste liedjieskrywers en kan tereg met verskeie treffers spog.
Sy werk is onder meer opgeneem deur Angela Reed, Anneli van Rooyen, Anrika, Ashaan, Clive Bruce, Freda Francis, Gerhard Badenhorst, Gladiator Ice, Jessica, JJ Stephens, Joey Lane & Lance James, Joggie, Johan Scholtz, Ken Mullen, Leane Heyl, Louis Fivaz, Marelize Lombard, Michael Cox, Natasja Lee, Neen, Philip Moolman, Pierre du Preez, Pieter Koen, Quentin Prinsloo, Ronéll Erasmus, Suzaan, Touch Of Class, Wicus Prinsloo, Wicus van der Merwe, Wynand Strydom, Zak van Niekerk en Sarah Theron.
Fredi woon in Pretoria saam met sy gesin in 'n houthuis wat hy met sy eie hande gebou het. Hier het hy vir homself 'n ateljee gebou en sy jongste albums is die trotse produk daarvan. Hy is baie lief vir die natuur en diere en het 'n steekbaardbrakkie wat ook sy bed deel. Tussen sy talente is 'n passie vir ou goed; daarom dat hy graag ou motors en enjins nuwe lewe gee. Hy vang graag vis en voel altyd opnuut lus vir die lewe ná 'n hengel-uitstappie. Snags, wanneer die meeste “normale” mense slaap, woel hy met sy kreatiwiteit. Dis dan dat die muse hom besoek met 'n nuwe melodie en gewoonlik sommer die lirieke ook saambring!
Met Fredi se deursettingsvermoë, passie, talent en geloof lyk die toekoms opwindend!
"Ek het deursettingsvermoë en is saggeaard, maar ek is soms té impulsief en humeurig..." - Fredi Nest
VERPESDINGE
Kinders, vroue en diere wat swaarkry of mishandel word.
Ongevoelige mense.
VREUGDEGOED
Visvanguitstappies.
As álles uitwerk soos dit beplan is!
GUNSTELINGE
Deelnamesport: Balsports.
Toeskouersport: Krieket, rugby en boks.
Musieksmaak: Alle luisterbare musiek.
Kos: Kitslekkertes
Drankie: Coke
Blom: Orgidie
Kleur: Geel
Troeteldier: Hond
Wilde dier: Koedoe