Kurt op twitter

Albums

TERUG VOLG

KURT DARREN SE “SAL JY MET MY DANS?” – ‘N VRAAG WAT DIE JEUK IN JOU VOETE NAMENS JOU SAL BEANTWOORD!

Kurt Darren, is reeds jare lank sinoniem met ‘n lekker draai of tien op die dansvloer. Sy splinternuwe album, “Sal jy met my dans?”, rig aan jou ‘n uitnodiging wat jy níé sal kan weerstaan nie!

Hierdie album gryp jou aan die hand en sleep jou dansvloer se kant toe met 18 snitte wat sal sorg vir meer as ‘n uur se pure voetstamp-lekkerkry!

lees meer

Liedjies soos die titelsnit, “Kaalvoet sokkie”, “Engel ek sal jou saamvat”, “Ek kan nie langer wag nie”, “Dinge raak warm”, “Wen of verloor” en “Dan soen ek jou” maak dit duidelik dat dié album, hoewel dit rustiger snitte ook bevat en mens seker ook lekker agteroor kan sit en dit geniet, nie gebou is vir stilsit nie, maar eerder om voetsole en harte aan die brand te dans!

“Ek wens vir jou” staan uit as ‘n lighartige-saamsing, positiewe en motiverende snit, tesame met Kurt se aangrypende weergawe van die Tracy Chapman-gunsteling, “Baby can I hold you” en ‘n fantastiese lewendige opname van sy duet met Karen Zoid, “Engel / Hemel op Tafelberg”.

‘n Hoë-oktaan “Mega-hit medley” rond hierdie album uitstekend af en sluit die treffers “Dans op die tafels”, “Rebel en Rats”, “Cowboys en crooks”, “Dans” en “Saggies praat” in.

“Sal jy met my dans?” is ‘n album propvol oemf – ‘n vraag wat net een van twee korrekte antwoorde het: “JA!” of “Ja, BESLIS!”

Die album is nou landswyd beskikbaar.

gaan terug

sien meer video's
AGENT:

Carmen Kleinhans

carmen@platinumpromosies.co.za

Tel: +27(0)21 789 0059

Sel: +27(0)83 325 7922

Besprekings
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap:   
Bewonderaars Brief
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap: