Albums

AGTERGROND

Manie Jackson is gebore op 30 Desember 1979 in Pretoria. Sy skoolopleiding ondergaan hy aan die Voortrekker Laerskool in Pietermaritzburg en die Hoërskool Wolmaransstad.

Sy talente het reeds op skool begin wys toe hy in standerd 8 'n gedig die lig laat sien het, waarmee hy dan ook 'n prys verower het. Die gedig, Die Lewe, is in 1995 gepubliseer in die digbundel Die Fakkellig. Verdere eer kom hom toe toe dit ook die daaropvolgende jaar as voorgeskrewe werk vir standerd 8 leerlinge by die hoërskool Wolmaransstad gebruik word.

Hy het selfs vir sy skool drie atletiekliedjies gekomponeer. Sy liefde vir musiek is gebore uit sy aanhang vir kunstenaars soos Bles Bridges, Carike Keuzenkamp, Rina Hugo en Elvis Presley.

lees meer

Hy is getroud in Julie 2003 maar ongelukkig geskei in Mei 2005. Uit die huwelik is een dogter, Ilonè, gebore. In 2006 tree hy weer in die huwelik met Tracey Pechè, met wie hy baie gelukkig getroud is.

SANGLOOPBAAN

In Augustus 1997 maak Manie Jackson sy debuut op die verhoog tydens die landswye Tahila-talentkompetisie in Johannesburg. Hierna het hy aan verskeie ander kompetisies deelgeneem o.a. Overvaal Stereo se landswye talentkompetisie, waar hy dan ook die eerste plek vir eie komposisie behaal het met die snit Pappa Waar Is Jy? Verder het hy 'n tweede plek behaal in die kategorie Mans-Solo, en 'n derde plek in die kategorie Algehele Wenner. In 1998 word Manie se debuut-CD vrygestel getiteld Wie Sal Weet? Die album lewer ses eerste plekke, twee tweede plekke en twee vierde plekke op by verskeie radiostasies se treffersparades, o.a. IFM 102.2, Overvaal Stereo en Radio Pretoria. Die snit Platsak is ook deur Radio Pretoria gebruik as kenwysie vir hul finansiële program. Die lirieke daarvoor is deur Manie self geskryf.

In 1999 word Manie aangewys as IFM se Countrysanger van die jaar en deel ook die toekenning as Algehele Country Kunstenaar van die jaar met Bobby Angel. Hy ontvang ook die toekenning vir die Countrytreffer van die jaar met sy weergawe van You're The Reason

terug

sien meer video's
AGENT:

Alet Kapp

alet@platinumpromosies.co.za

Sel: +27(0)84 6088 084

Faks: +27(0)86 515 9961

24 Feb 2012

Bakgat Somer Opskop

Brackenfell

02 Mar 2012

Kreeffees

Lambertsbaai

10 Mar 2012

20ste Sprankeltee feesviering

Potchefstroom

22 Mar 2012

Cultivaria Konsert

Paarl

09 Jun 2012

Clubhouse Restaurant

Centurion

01 Jul 2012

Innibos

Nelspruit

11 Aug 2012

Leipoldtsville Kuier 2012

Leipoldtsville

29 Sep 2012

Loerie Nartjiefees

Jeffreysbaai

Besprekings
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap:   
Bewonderaars Brief
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap: