Albums

TERUG VOLG

DIE RITME-GENERAAL NICHOLIS LOUW IS SUID-AFRIKA SE POPROCKRIDDER

Nicholis Louw ry die golf van welslae en gewildheid! Hy is een van die veelsydigste vertolkers – in die ateljee en op die verhoog. Hy kán immers ook soos gewilde wêreldstingelbêndlatte, gruisstemsterre en Latynse smeulprinse klink en hy blink uit in polspop, poprock, romantiese ballades, byderwetse countryklanke, ligte klassieke werk en geestelike juwele.

Hy spog met ‘n dosyn toekennings: MTN SAMA’s, Huisgenoot Tempo’s, Rapport/Vonk- en IFM-pryse en die MK-toekenning. Hy is bekroon as die beste, die gewildste en die gunsteling: van sanger, album, liedjie en selluitoon van die jaar tot vir DVD- en video-uitmuntendheid. Ons Poprockridder is die Ritmegeneraal met ‘n verkoopsyfer van oor die 650 000 albums!

lees meer

DIE RITME-GENERAAL NICHOLIS LOUW IS SUID-AFRIKA SE POPROCKRIDDER

Nicholis Louw ry die golf van welslae en gewildheid! Hy is een van die veelsydigste vertolkers – in die ateljee en op die verhoog. Hy kán immers ook soos gewilde wêreldstingelbêndlatte, gruisstemsterre en Latynse smeulprinse klink en hy blink uit in polspop, poprock, romantiese ballades, byderwetse countryklanke, ligte klassieke werk en geestelike juwele.

DIE FEITE
Verjaardag: 30 Desember (1978)
Lengte: 1.79m
Heupe: 32
Skouers: Medium
Voete: 9
Hare: Bruin
Oë: Bruin



Projektrots
Afrigter van die Supersterwenner Kobus Muller in Patricia Lewis se talentslypreeks Supersterre op SABC2

DISKOGRAFIE
Albums
My hart is aan die brand (2004)
Rock daai lyfie (2005)
Hier naby jou (2007)
Vergeet en Vergewe (2008)
Elvis on my mind (2008)
Energie (2009)
Grootste treffers sover (2010)
Ek is daar vir jou (2011)

DVD’s
Rock daai lyfie live (2006)
Intiem (2008)
Se Treffer Video’s (2010)

Hy spog met ‘n dosyn toekennings: MTN SAMA’s, Huisgenoot Tempo’s, Rapport/Vonk- en IFM-pryse en die MK-toekenning. Hy is bekroon as die beste, die gewildste en die gunsteling: van sanger, album, liedjie en selluitoon van die jaar tot vir DVD- en video-uitmuntendheid. Ons Poprockridder is die Ritmegeneraal met ‘n verkoopsyfer van oor die 650 000 albums!

DIE EERSTE DEKADE

Niemand het daardie aand met die eeuwenteling op die strand by Margate se Musiekfees geweet Nicholis Louw gaan Suid-Afrika se gewildste én bekroonde Poprockridder word toe hy sy naam op ‘n musiekresensent se boud geteken het…

Kort tevore het Suid-Afrika se sokkiesuperster Kurt Darren hom by Clive Bruce se talentsoekrestaurant Zillertal in Pretoria gehoor, sy talent geëien en aan Kosie van Niekerk, Select-Musiek se grootbaas, voorgestel… Die platekkontrak is beklink!

Met sy passie, viriele energie, stylveelsydigheid en spontane talent as liedjieskrywer en vertolker was Nicholis spoedig die geur van die oomblik en gereed om die ster van die toekoms te word.

Hy spog met ‘n dosyn toekennings: MTN SAMA’s, Huisgenoot Tempo’s, Rapport/Vonk- en IFM-pryse en die MK-toekenning. Hy is bekroon as die beste, die gewildste en die gunsteling: van sanger, album, liedjie en selluitoon van die jaar tot vir DVD- en video-uitmuntendheid. Ons Poprockridder is die Ritmegeneraal met ‘n verkoopsyfer van oor die 650 000 albums!

Sedert sy vernuwende genredebuut saam met Johann du Toit as die duo Cantèro het Nicholis met sy sololoopbaan trotse welslae behaal. Met sy albums My hart is aan die brand (2004), Rock daai lyfie (2005), Hier naby jou (2007), Vergeet en Vergewe (2008), Elvis on my mind (2008), Energie (2009), Grootste Treffers Sover (2009) en Ek Is Daar Vir Jou (2010) en die DVD’s Rock daai lyfie live (2006), Intiem (2008) en Se Treffer Video’s (2010) het hy resensente en die beoordelaars van musiektoekennings beïndruk.

Saam met Nicholis het sy bewonderaars en aanhangers lyfies gerock, kanse gevat, harte laat brand en monde laat water, tussen lakens gelê en wonder, die herinneringe van emmers vol liefde gedeel – én vergeet en vergewe.

Die talle platinumtoekennings en musiekpryse het hom nederig bly anker. Vir sy geliefdes, vriende en kollegas is Nicholis ‘n opkikkermens: saggesproke, mooi gemanierd, ‘n stoute poetsbakker en ‘n omgeemens wat met sy opregte geloof rustigheid bied.

Jy sal dit ook uit sy musiek ervaar.

Gee jou oor en laat Nicholis Louw jou toor.

Abra kadabra…

Die begin   Nicholis was twee jaar oud toe hy sy eerste talentwedstyd gewen het. Sy prys was ‘n karretjie; dit bewaar hy steeds soos goud.

Obsessie   “Ek beskou karbestuur en bestuursvernuf as méér as ‘n stokperdjie: dis my obsessie. Ek stel in alles belang wat ‘n kar vinniger en mooier kan maak.”

Stokperdjies   “Ek versamel ook 1:18-skaalmodelkarretjies. Ek het nou al omtrent 75 van hulle.”

Belangstellings   “Ek wil graag leer viool speel: ná ek die fliek Queen Of The Damned gesien het, het dit vir my skielik baie cool geword.”

Swakhede   “Meisies en spoed.”

Lewensleuse   “As jy nie ‘n kans vat nie, het jy g’n kans nie!

Kinderdrome   “Ek wou, raar maar waar, óók ‘n natuurbewaarder word, toe ‘n boer en toe ‘n toesbestuurder vir ‘n motorvervaardiger.”

Toekomswens   “Dit sal nice wees as Satan opgee, want sy hele operasie is flippen pateties!”

Verpes

  • As iemand vir my lieg of iets wat om my aangaan van my weerhou.
  • Klieks: As jy nie deel van die click is nie, vorder jy nie. Ek het geen tyd daarvoor nie en ek
  • probeer nie deel daarvan word nie.
  • Bevooroordeeldheid: Baie mense lê eiertjies oor my sónder dat hulle my ken. Jy kan nie
  • ‘n mening hê as jy nie die hele storie ken nie.
  • Ongeskiktheid.
  • As ‘n selfoon swak opvangs het.
  • As ek wil gaan en iemand roep my terug.
  • As jy te veel hardloop en jou keel begin brand.
  • Jaloesie: Dis vir niemand anders behalwe jyself om te besluit met wie jy vriende is nie. En
  • dis ook niemand anders se besigheid nie.
  • Skynheiligheid: dis dieselfde as lieg.
  • Versot

  • Vinnige karre. (Diiiiiis nou adrenalien. Niks kom naby dit nie.)
  • Meisies
  • Arcade – speletjies: veral saam met die régte maat.
  • Om vir iemand om te gee en lief te wees : ek het maar min.
  • Slaap: Die hele proses is lekker, voor jy aan die slaap raak, die actual slaap en as jy wakker
  • word, die omdraai en jy besluit bogger dit: ek gaan nie nou opstaan nie.
  • Om ‘n sanger te wees. En op die stage te wees en daar’s 500 meisies wat vir jou skree, en
  • jy wens jy ken hulle almal… Dis harde werk, maar ek’s ‘n sterk seun.
  • Om te droom
  • Tolla van der Merwe: Ek ruk my oop wanneer ek na sy CD’s luister.
  • NICHOLIS LOUW erken: “Ek is behep met karre (en meisies). Ek beskou karbestuur en bestuursvernuf méér as ‘n stokperdjie: dis my obsessie. Ek stel in alles belang wat ‘n kar vinniger en mooier kan maak. Ek het steeds my eerste kar, en sedert 1996 het ek al meer as R70 000 aan haar spandeer. Sy is my stokperdjie en ek is pynlik perfeksionisties daarmee. Alles is na my giere en begeertes ge-customize. Die sitplekke is met Italiaanse leer oorgetrek en die bestuurssitplek is om my liggaamkurwes gebou en gevorm. As ek daarin klim, word ons een.”

    Hy het al wáre spoed ervaar: 250km per uur. “Dis die vinnigste wat ek nog bestuur het. Die clock het 260km/h gelees, maar alle Mercedes Benze word beperk tot min of meer 250 km ware spoed – give or take a little.” Die duiweltjies kry lekker in sy oë. Nicholis versamel ook 1:18-skaalmodelkarretjies en het nou al omtrent 75 van hulle. Sy ouers weet dis al wat hy vir sy verjaardagen Kersfees wil hê. Inteendeel, hy het sy eerste sangkompetisie gewen toe hy twee jaar oud was. Sy prys was juis ‘n karretjie – wat hy nog met trots bewaar.

    Nicholis se ouers, pa Willem en ma Nettie, kon doerietyd al vertel hul seun, die oudste van twee kinders, is vir roem bedoel, al het hy soms dom dinge in sy geboortedorp, Oos-Londen, aangevang. “Ek het dinge gedoen wat groot moeilikheid kon veroorsaak het, maar God was altyd daar om my uit te bail,” sê Nicholis verlig. Sy stout streke het hom selfs nagmerries besorg. “Ek het gedroom ek word doodgeskiet – seker maar omdat my dagdrome gewentel het om ‘n bad ass te wees, toe ‘n smooth ass, toe McGyver en toe Sylvester ‘Cobra’ Stallone. Ek het ook gedroom Bon Jovi het my gevra om die band se lead guitarist te wees, maar ek het die aanbod van die hand gewys omdat ek te lojaal was aan hul oorspronklike lead guitarist, Richie Sambora.”

    Meisies, naas spoed (én musiek!) is sy ánder gróót “swakheid”. Hy vergeet nie sommer ’n meisie se naam nie, hoewel hy nie al die detail van daardie éérste soen kan herroep nie. “Ek weet net dit was goor, want ek het nie geweet hoe die dinge nou eintlik werk nie. Dit was agter die skoolsaal tussen die buitegeboue. My mond was kurkdroog daarna, maar hoe meer kere jy vry oefen, hoe beter raak dit! Teen die derde keer was alles fine.”

    Hy wonder dikwels oor sy meisies en vriendinne van die verlede, waar hulle nou is en wat hulle doen. “Dit is altyd spesiaal om vir iemand om te gee en lief te wees,” sê die jong man opreg.

    Opregte menseverhoudings is vir hom belangrik. Daarom verpes hy leuens, onbeskoftheid, bevooroordeeldheid, jaloesie en skynheiligheid. Hy onthou nou nog hoe verleë hy was toe hy in standerd vyf agterkom sy meisie verneuk hom.

    Sy ideale trouvrou mag nie besitlik wees nie. “Niemand besit iemand nie. Jou hart behoort aan die mens wat jy lief het. Ek sal dit slegs aan iemand toevertrou wat dit nooit sal misbruik nie. Dit kom neer op iets soos ‘Ek gee jou ‘n kar, maar moet nooit sy verf krap nie.’ Iemand wat regtig lief is vir jou, sal jou nooit met ‘as jy my lief het’ afpers en ultimatums stel nie.”

    Vir dié spoedvraat en vurige romantikus is verwerping soos ‘n Mercedes Benz- of BMW-enjin wat om genade pleit. “Het jy dit al gehoor?”

    Sy belangstellings is wyd: naas karre en meisies, ook kitare, antieke ware, verfkuns, Italië, Frankryk en Egipte. “Ek wil graag leer viool speel: ná ek die fliek Queen Of The Damned gesien het, het dit vir my skielik baie cool geword.”

    Nicholis was 14 jaar oud toe hy besluit het hy gaan ‘n lewe uit musiek maak en, kwalik wettig, het hy in 1991 met sy talent in restaurante en kroeë gaan smous. Hy’t ook seker gemaak hy kan regkom met die kitaar, baskitaar, klavier, klawerbord, orrel en tromme. “Mind you, ek’t jare laas gespeel!” Ná skool het hy in musiek gaan studeer.

    En toe, teen die eeuwenteling, besluit hy en ‘n vriend, Johann du Toit, om sommer vir die grap saam ‘n liedjie by die klub Zillertal in Pretoria te sing. Kurt Darren was daardie aand ook daar, eien onmiddellik die manne se talent en stel hulle aan Select-Musiek bekend. “Toe gebeur Canterò – per ongeluk,” sê Nicholis. Cantèro het opslae gemaak met hul album, Sonder Jou, waarop hulle byderwetse rockklanke met die tydlose betowering van klassiekemusiek vermeng het. Tussendeur is Nicholis se veelsydige stylveelsydigheid op dosyne ánder Select-albums benut.

    Hy sê dit is ongelooflik om op die stage te wees terwyl 500 meisies vir jou skree. “Dan wens jy, jy ken hulle almal… Dis harde werk, maar ek’s ‘n sterk seun!”

    Op 32 is sy leuse bloot: “Geniet die lewe en wees nice met ander lewende wesens!” Om konserwatief oor álles te wees, is uit. Nicholis meen as jy nie ‘n kans vat nie, het jy g’n kans nie. Hy vat syne: vinnig vorentoe!

    gaan terug

    sien meer video's
    AGENT:

    Carmen Kleinhans

    carmen@platinumpromosies.co.za

    Tel: +27(0)21 789 0059

    Sel: +27(0)83 325 7922

    21 Jan 2012

    Strand Stadsaal

    Strand

    23 Feb 2012

    Optrede

    Dubai

    29 Feb 2012

    Stadsaal

    Klerksdorp

    03 Mar 2012

    Kreeffees

    Lambertsbaai

    Besprekings
       Naam en Van:   
       E-pos:   
       Kontak Nr:   
       Onderwerp:   
       Boodskap:   
    Bewonderaars Brief
       Naam en Van:   
       E-pos:   
       Kontak Nr:   
       Onderwerp:   
       Boodskap: