Albums

TERUG VOLG

Refentse Morake. Onthou sommer byvoorbaat sy naam. Refentse Morake is ‘n splinternuwe, jong entoesiastiese kunstenaar, gevul met passie, nie net vir sy sangloopbaan nie, maar vir die lewe en alles wat na sy kant toe kom! Hierdie dinamiese 18 jarige het in 2015 sy matriek voltooi aan Vereeniging Gimnasium, en daarna het hy nie op hom laat wag nie.

As hy nie gesing het nie, sou hy graag die President van Suid-Afrika wou wees. En as dit enigsins ’n aanduiding is van hoe vêr sy ambisie strek, wag daar beslis gróót dinge op hierdie jongman. Sy YouTube-videos van Afrikaanse treffers soos “Lisa se Klavier”, “De la Rey”en “Ou Ryperd” is reeds duisende kere gekyk en op sosiale media gedeel, en hy het selfs al ’n draai gaan maak op die RSG -verhoog by KKNK.

lees meer

Refentse beskryf sy passies as sy huis, sy hart en sy musiek se woorde wat vêr oor die ewenaar strek. Profetiese woorde, aangesien webgebruikers van regoor die wêreld al sy musiek gehoor het. Hy put sy inspirasie uit die woord “freedom”, want, soos hy self sê: “planete behoort nie onder die beleid van konings en ministers te wentel nie”.

Sy onopgesmukte musiek-aanslag kan bespeur word in sy gunstelingkunstenaar, Karen Zoid, en hy hou daarvan om te dink dat sy musiek oor die waarheid, vrede, voorspoed en liefde gaan – ook die onderliggende tema van sy gunstelingfliek, “Faith like Potatoes”.

Refentse sien homself as ’n vrye gees en probeer om nie te veel oor die toekoms te tob nie, alhoewel hy reeds groot planne het vir die jaar… Sy debut album “My hart bly in ‘n taal” word in April vrygestel, hy tree weer eens op by die RSGverhoog by die KKNK, en ons kan ook daarna uitsien om hom op Emo Adams se “Jou Show” op kykNET kanaal 144 te siene te kry

Hy hoop om eendag af te tree op ’n wildsplaas in Vrede, maar hy sal vir eers die aftreeplanne op ys moet plaas, want daar lê vir hom ’n blink en besige toekoms op die musiekverhoog voor!

Refentse Morake – Beslis ‘n talent om dop te hou.

gaan terug

AGENT:

Carmen Kleinhans

carmen@platinumpromosies.co.za

Tel: +27(0)21 789 0059

Sel: +27(0)83 325 7922

Besprekings
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap:   
Bewonderaars Brief
   Naam en Van:   
   E-pos:   
   Kontak Nr:   
   Onderwerp:   
   Boodskap: