Albums
Gesoek: Boeremusiek, countryjolyt, luisterklanke, rock-'n-roll en humor op een CD. Jy kry dit álles by Ricus Nel!
Daar is omtrent nie ‘n CD deur ‘n gewilde Afrikaanse treffersparadesanger waarop Ricus Nel se veelsydige musikaliteit nie benut word nie! En nou, pas aangesluit by Select-Musiek se trefferstal, deel hy ook sy luisterryke sangtalent met musiekliefhebbers op sy opwindende album Sak en pak - met die selfgetitelde kitaargedrewe snit as ‘n gewisse radio- én dansvloertreffer!
Naas ‘n magdom nuutskeppinge deur homself, Johan Oberholzer, Don Kelly en Marc Brendon in uiteenlopende style, bied Ricus musiekliefhebbers ook ‘n drietal uitdagende instrumentale snitte wat sy musikale vernuf blink ten toon stel: Ricardo Bornman se Rezano Garcia met die elektriese kitaar, Fanie Botha se Hartebeesfontein met die konsertina en Thys Lambrecht se Thys se dinge met die banjo.

Daar’s country, boeremusiek, humorklanke, luisterliedjies en rock-‘n-roll.
Tussen die albumhoogtepunte is Ricus se meevoerende weergawe van Piet van Wyk de Vries se ballade Madelein Madelein. Tussen die genietinge is die radiovriendelike verpoosballade The hard way, ‘n smeulduet met Liza Bronner.
Deur speelse liefde op Je Taime, sakkie-sakkie-vreugde op Windgat, my Honne en countrynostalgie met Some broken hearrs never mend en I believe in you kry die luisteraar aangename musiek. Met Johan Rautenbach se regie en die aanvullende musikante – Jacques Rautenbach, Denny Lalouette, Jaconell Mouton en Brendon Ross se saxofoon is hier ‘n album wat wyd aanklank sal vind. Ricus Nel oorrompel jou sak en pak!

11 May 2012
Vertoning
Randfontein
19 Jun 2012
Overberg Laerskool skoolsaal
Caledon
27 Jun 2012
Innibos
Nelspruit
30 Jun 2012
Innibos
Nelspruit
25 Aug 2012
Loskopdam
Groblersdal